Tuis
Saterdag, 19 Mei 2012
Prestigio Nobile PER3172B 17,8cm e-leser
Veeldoelige e-leser vir e-boeke, klank, video en foto's...
|
Sending verraad deur Stoffel Pienaar - eBoek
Olaf Bouwer, spioen van SS-15, in een van sy spannendste...
|
Trou tot die dood toe - die Suid-Afrikaanse Polisiemag
Titel: Trou tot die dood toe - die Suid-Afrikaanse polisiemag
Outeur:...
|
Reisiger
Skrywer: Elsa Joubert
ISBN: 9780624048121
Datum Uitgegee: 10-10-2009
Prys (insl. BTW): R 300.00
Formaat:...
|
Waar vye nog soet is
Skrywer: Emilia le Roux, Francois Smuts
ISBN: 9780624047285
Datum Uitgegee: 03-10-2009
Prys (insl....
|
Santa Gamka
Die Karoo het te warm geword vir Lucky Marês. Op...
|
Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika
Die laaste omvattende geïllustreerde geskiedenis van Suid-Afrika het meer as...
|
Paul Kruger - 'n biografie
Paul Kruger is waarskynlik die grootste en invloedrykste Afrikaner wat
ooit...
|
Dertig nagte in Amsterdam
Skrywer: Etienne van Heerden
Kategorie: Fiksie
ISBN: 9780624047070
Datum Uitgegee: 07-11-2008
Prys (insl....
|
Prinsevlag
Hierdie pragtige "stormgrootte" oranje-blanje-blou Prinsevlag is spesiaal vir ons gedruk...
|
'n Wonderlike geweld
Skrywer: Elsa Joubert
Kategorie: NieFiksie
Datum Uitgegee: 15-10-2005
Formaat: Hardeband + stofomslag, 404...
|
Anton Rupert - ’n Lewensverhaal: Nuwe uitgawe
Skrywer: Ebbe Dommisse
Datum Uitgegee: 01-09-2008
Formaat: Sagteband, 584pp (+16 pp fotoseksie)...
|
Redakteur se keuse
Trou tot die dood toe - die Suid-Afrikaanse Polisiemag
R260.00
|
|
Paul Kruger - 'n biografie |
|
|
|
|
Geskryf deur Redakteur
|
|
Maandag, 12 Oktober 2009 13:21 |
|
 Paul Kruger is waarskynlik die grootste en invloedrykste Afrikaner wat ooit geleef het. In hierdie klassieke biografie wat die resultaat is van ongeveer twintig jaar se navorsing, hier en oorsee, skilder D.W. Krüger 'n prentjie van Paul Kruger as onverskrokke jong Voortrekker, jagter, boer, vader, kommandant-generaal, stryder vir sy volk en uiteindelike president.
In die 1880s behaal Kruger een diplomatieke deurbraak ná die ander en verseker so dat die Transvaal meer onafhanklik as ooit raak. Hy en sy volk word geag deur die grootmoondhede van Europa en bou ook 'n enorme gevolg in die Engelse gebiede van Suid-Afrika op, in die Kaapkolonie en selfs in Natal.
Die opbloei van die Zuid-Afrikaansche Republiek onder Kruger was merkwaardig en hy is allerweë vir sy wysheid, verdraagsaamheid en insig geloof. Maar as die onweerswolke van 'n tweede oorlog teen Brittanje saampak, word Kruger voor die onverbiddelike keuse gestel of hy wil veg of roemloos oorgee.
Benewens die magdom interessante feite wat in die boek ter sprake kom, bevat dit insgelyks vele lesse vir die hedendaagse politiek en die situasie waarin die Afrikaner hom tans bevind.
Lees ook die berig op Die Burger se werf.
|
|
Lees meer...
|
|
Besoekers
Ons het 3 gaste aanlyn